Elegant Fuel Bloemhofdam Bonanza 2022

VERWELKOMING EN VOORWOORD

Welkom aan al ons hengelaars en borge by die 21ste jaarlikse Elegant Fuel Bloemhofdam Bonanza! Dit is ongelooflik om te dink 21 jaar is verby sedert ons in die jaar 2000 die eerste Bloemhofdam Bonanza aangebied het.

Namens Eco-Care Trust ‘n hartlike dank aan ons hengelaars, borge en beamptes vir soveel jare se getroue ondersteuning en betrokkenheid.   

Die afgelope twee jaar sal onthou word as ‘n uitsonderlike tydperk in die mens se geskiedenis! COVID-19 het almal onkant gevang. Ons het geliefdes weens die pandemie verloor. Ons groet met deernis Corrie Joubert (erelid) wat sedert die eerste Bonanza as beampte gedien het en Boeta Lewis wat ook aan elke Bloemhofdam Bonanza deelgeneem het. Weens die COVID-19 pandemie was die Bloemhofdam Bonanza soos ons dit tradisioneel oor die langnaweek van 1 Mei aangebied het nie moontlik nie.  Ons het geweldig baie versoeke ontvang om weer die Bloemhofdam Bonanza oor die langnaweek van 1 Mei aan te bied en dit blyk dat die COVID-19 Regulasies ons vanjaar dit sal toelaat.

We have seen during the past year how quick the dam levels can change. Bloemhof Dam has been since the beginning of the year constantly on levels of at least 100%. In order to have enough angling space we have booked all available shores for the Bonanza. The angling shores allocated to us are: Sandveld, Sloep, North West and Verlatenkraal. Weens die damvlakke het ons nie vanjaar plotte uitgesit nie. Ons het wel Prima oewers en Oop oewers om aan deelnemers die keuse te gee waar hulle wil hengel. Die Prima oewers is die mees gewilde oewers en daarom effe duurder as die Oop oewers. Ons hengelkaartjiepryse is bykans onveranderd gelaat om ons hengelaars tegemoet te kom.

Eco-Care Trust is an NGO established in 1995 to look after our angling waters. We have several projects like the aquatic monitoring, Eco-clean (keep the dam clean) and removal of unlawful gill nets. We also engage on national and provincial level with government to promote the conservation of our angling waters. All proceeds of this tournament are ploughed back into our projects.     

Weer eens baie welkom aan ons hoofborg Elegant Fuel wat ons fantastiese kontant pryse van R120 000 borg. Mitchell, PENN en Berkley borg soos gewoonlik die beste hengelgerei op die mark beskikbaar.  Dankie ook aan Die Oewerhengelaar en Stywe Lyne die media-vennote van die Elegant Fuel Bloemhofdam Bonanza 2022. ’n Spesiale dankie aan Morar Fishing en Kosh Marine en ook aan Legends van Barend Breedt faam wat hulle bekende mieliebom voeraas vir elke goodybag borg! Ons deelnemers het nou al gewoond geraak aan TAU Rollermeule se lekker Wabona meel wat ook in elke Goodybag te vinde is. Daar is ook n mooi Elegant Fuel Bonanza pet (cap) in elke goodybag. Onthou net die eerste 500 deelnemers wat ingeskryf het ontvang ‘n goodybag. So spring met jou inskrywing!

Amptelike Elegant Fuel Bloemhofdam Bonanza hemde kan vooraf aanlyn by G2 Industries gekoop word. 

Vriende en vreemdelinge van regoor Suid-Afrika is weer by die Bloemhofdam Bonanza om vis te vang. Mag die visse baie wees en blywende vriendskappe bevestig en gesmee word!  
 


 

Die Organiseerder: Eco-Care Trust

It is for Elegant Fuel a huge privilege to be the naming right sponsor for the Elegant Fuel Bloemhofdam Bonanza 2022, especially with the celebration of its 21st   birthday!
Elegant Fuel was laasjaar die hoofborg van die Super Bonanza en sien daarna uit om ‘n pad met ons hengelaars te loop.

Just as the previous Bloemhofdam Bonanza participants will be able to receive their goodybags at Elegant Fuel service stations in Bloemhof. Elegant Fuel is also sponsoring R10 000 worth of fuel vouchers that participants can win at the prizegiving. 

With our roots firmly anchored in conservation Elegant Fuel is supporting the Eco-Care Trust fully in its endeavours to conserve our freshwater aquatic ecosystems.  
Through our sponsorship of the Elegant Super Bonanza 2021 we believe that anglers as consumers have experienced our top quality fuel and service. With your continued support we believe we can continue to grow this event from strength to strength!

The Elegant Fuel Bloemhofdam Bonanza has grown to become much more than just a fishing competition. For many anglers and families this event represents how they spend their annual holiday and with so many reasons to be involved at this phenomenal event, why would you want to miss out.

With thousands of Rands of cash as prizes sponsored by Elegant Fuel, we wish each of you the best of success and tight lines!

Naming Right Sponsor: Elegant Fuel
 


 

PROSEDURE OM IN TE SKRYF VIR BONANZA


• Kyk op webwerf www.bloemhofbonanza.com vir die online link. 
• Volg die prosedure op die online link.
• Jy koop jou luckydraw kaartjies ook aanlyn waar jy geregistreer het. 
• Aanlyn Registrasie maak op 15 Maart oop tot 24 April 2022. Na 24 April 2022 kan besprekings telefonies of by hekke gedoen word. 


 


 

VISSERS VIR JESUS


Die organiseerders wens hiermee Christen hengelaars te nooi om deel te wees van ‘n groep hengelaars wat bekend staan as Vissers vir Jesus by die Bloemhofdam Bonanza. Die gedagte spruit voort uit ‘n wonderlike preek wat Ds. Frans van Niekerk by ‘n vorige Vaaldam Bonanza gepreek het oor die dissipels van Jesus wat ook vissers was. Die gedagte is om deelnemers wat Christene is uit te nooi om op ‘n sigbare wyse hulle Christenskap te verkondig. Skakel Johan Stoop (084 660 1029) vir meer inligting. 

Vissers vir Jesus het spesiale houers by die hekke waar hengelaars hengelgereedskap, kos of klere kan skenk aan minder gegoede mense.


 


 

ECO CARE WATER IS LEWE WENNERS KLUB


Die huidige stand van die politieke -, finansiële -, sosiale – en morele status in Suid-Afrika vereis dat die inwoners van hierdie land kragte saamsnoer en betrokke raak as gemeenskappe om die negatiewe in die land reg te stel.  Verandering sal nie deur kla en kerm maar deur toegewyde aksies deur verantwoordelike burgers teweeg gebring word.  

Die buitengewone omstandighede in hierdie pragtige land verg buitengewone optrede van verantwoordelike mense om die vervalle omstandighede te verander.  Dit sal ‘n holistiese benadering verg op alle terreine van die samelewing om‘n verskil te maak.  Die toepassing van die grondbeginsels van volhoubare gebruik van alle hulpmiddele is noodsaaklik tesame met ‘n verandering in die gesindheid van die inwoners.  Die grondbeginsel van ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees is die vertrekpunt van die voorstel deur Eco Care Trust om Suid Afrika weer terug op die wenpad te plaas.  

Die voorstel behels die vestiging van ‘n Water Is Lewe Wenners Klub waardeur projekte en bewusmakingsveldtogte gedoen word om die effektiewe gebruik van water, elektrisiteit, energie, paaie, infrastruktuur, skole, gesondheidsdienste.  Hierdie tegniese aspekte moet egter saam met geestelike aspekte deur die Vissers vir Jesus projek aangespreek word.  Die klub sal op ‘n nie-winsgewende basis bedryf word en alle inkomste sal vir projekte aangewend word

Beskrywing

Die volgende aspekte sal in die program gedek word:

 

  • Watergebruik
  • Bekamping van besoedeling
  • Elektisiteitsgebruik
  • Brandstofgebruik
  • Gesondheid
  • Geestelike gesondheid deur die “Vissers vir Jesus” projek
  • Onderrig, lering sowel as vaardigheidsontwikkeling wat ‘n innoverende studie metode asook taalvaardigheids ontwikkeling sal insluit 
  • Bewusmakingsveldtogte deur kompetisies
  • Gereelde hengelkompetisies
  • Besparings op aankope by verskeie kleinhandelaars
  • Ontwikkeling van gemeenskapprojekte
  • Bevordering van padveiligheid

Bogenoemde aktiwiteite sal ‘n wesenlike invloed op die omgewing hê en sal die huidige asook toekomstige lewenskwaliteit verander deur ‘n gesonder en skoner omgewing saam met die verbetering van verhoudings tussen die multikulturele bevolking van die land.

Implementering

Eco Care Trust sal die Water Is Lewe Klub stig en administreer.  Die lidmaatskap sal R200/jaar/individu en R350/jaar/huisgesin bedra.  Hierdeur sal huisgesinne ‘n besparing van R1500 tot R2500 per maand kan behaal. Besoek ons webbladsy www.ecocaretrust.co.za om meeer besonderhede.
 


 


 

  
WANT TO BE A SPONSOR?


Do your company want to become a valued sponsor at our Bonanza, or do you know of any sponsor who possibly wishes to become involved? Contact Bernard Venter 083 444 2790 for more info.


 


 

Clothing

Daar is by baie deelnemers ‘n behoefte om ‘n amptelike Bloemhofdam Bonanza hemp te koop.  I have the Shirt! Indien jy graag so ‘n amptelike Bloemhofdam Bonanza 2022 hemp wil koop kan jy dit direk by G2 Industries bestel. Deelnemers wat spandrag vir die beste spandrag (Best Dress) kompetisie wil maak is ook welkom om G2 Industries direk te kontak by 081 247 1440. Hulle sal jou help met die ontwerp en vervaardiging van julle spandrag. Daar is ‘n kontantprys om te wen in die Best Dress kompetisie. Sien die Prizes afdeling. 

Klere moet voor 12 April 2022 by G2 Industries bestel word om genoeg tyd te laat sodat die klere gemaak kan word. Klere kan per courier by deelnemer (op eie koste) afgelewer word, of dit kan by registrasiehekke by die Bloemhofdam Bonanza afgehaal word. Deelnemer moet aandui by watter hek hy gaan registreer vir die Bonanza sodat sy klere by die korrekte registrasiepunt beskikbaar is. 


 


 

VRYWARING

Ek aanvaar dat die organiseerders en / of borge van hierdie kompetisie geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige gebeurlikheid wat uit die kompetisie mag voortspruit nie. My deelname geskied op eie risiko en ek kan geen eis teen die organiseerders en / of borge instel nie.

Die inligting op die website is ter inligting en finale besonderhede en reëls van die Elegant Fuel Bloemhofdam Bonanza 2022 verskyn in die amptelike gedrukte program wat by die hekke aan elke deelnemer uitgedeel sal word.
 

 

 

Thank You to all Our Sponsors



© Copyright Bloemhof Bonanza 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Bloemhof Bonanza.