The Bloemhof Bonanza Prize Giving

Prize Giving at Bloemhof Bonanza


Prysuitdeling

Die prysuitdeling volg sodra die inweeg afgehandel is op Sondag. Jy moet jou bandjie met kaartjienommer kan toon om enige prys te kan wen. Jy moet teenwoordig wees by die prysuitdeling om jou prys te ontvang. Een prys per deelnemer, uitgesonderd gelukkige trekkings. Gee die borge en organiseerders die ondersteuning wat hulle toekom. Sonder hulle kan die toernooi nie plaas vind nie. Laaste maar nie die minste nie – kom ons gee aan God die eer wat aan ons die wonderlike voorreg gee om ons hengelsport te kan beoefen. Laat ons dan ook Sondag as sodanig vier!

Hoe werk die Eco-Care Hengeltabel?

The Eco-Care Fishing Table has been compiled with the help of fishing experts and the data of fishing competitions throughout RSA over a period of 20 years.
Daar is ‘n hengeltabel vir elkeen van die teiken visspesies.  Hoe groter jou vis is, hoe meer punte verdien jy. Die tabel is relatief tot die grootte van die teikenvisspesie.   
The angler, who earns the most points on the two species together, is the overall winner. All the other prizes (except the Big Banger Prizes) will be determined according to the most points for single target specie.  Because experience has shown that boat anglers have a slight advantage over shore anglers in open competitions, they earn slightly less points than a shore angler for the same size fish. 

Plotte bespreking

Jy kan vooraf vir jou ‘n plot koop by Sandveld of Verlatenkraal. ‘n Plot is jou persoonlike staanplek. Niemand anders mag op jou gekoopte plot hengel nie. Die voordeel om ‘n plot vooraf te koop spreek vanself. Jy hoef nie dae voor die hengelkompetisie by die dam op te daag om seker te maak jy kry ‘n hengelplek nie. Jy en jou maters kan plotte langs mekaar koop en so seker maak julle het almal voldoende hengelplek. Groot dele van die hengeloewers is voor Woensdagoggend beset deur ander hengelaars. Om vooraf plek te koop maak jy seker jy het plek. Jy spaar geld want indien jy vroeër by die dam opdaag sou jy die ekstra dae se akkomodasie moes betaal. Jou plot sluit jou plek, hengelkaartjie, administrasie, dienste en geleentheidsfooi in.

Sandveld en Verlatenkraal akkomodeer net deelnemers (boothengelaars uitgesluit) wat plotte vooraf gekoop het. Geen plotaankope word by Noordwes gedoen nie om hengelaars wat nie plotte wil koop te akkomodeer. Jy betaal slegs jou hengelkaartjie en normale toegangs / kampfooie. First come, first serve - by die hekke. 

By aankope van jou plot kan jy die volle bedrag vir die plot betaal, of ‘n deposito van R100 betaal en later die verskil betaal. Waar  die verskil nie in betaal is nie, verbeur jy jou plot en jou deposito. Plotverkope Online maak 1 Maart 2017 oop tot 17 April 2017. Na 17 April 2017 kan besprekings telefonies gedoen word.
Plotaankope word online gedoen by: http://www.bloemhofbonanzatickets.co.za/
Joyce kan vir plotnavrae geskakel word: 074 218 1621

Event costs and services

The event organiser (Eco-Care Trust) is paying an event fee to the North West and Free State provincial governments to present the Bloemhofdam Bonanza. Other costs include the services of officials, food and accommodation, fuel, additional ablution, cleaning, mapping of the plotted areas, servicing them, prizes not sponsored by sponsors, eg the first prize of R100 000, etc etc. In return, the anglers receive a well organised fishing bonanza consisting of two in one angling tournaments, the Teams event as well as the Bonanza, with many other mini-events , eg the Spot casting competition, lucky draws, etc., etc.

How does the Anglers Mall “Water is Life” – lucky draw works?

All you have to do is to buy as many lucky draws as you wish for only R2 each. Write your angling ticket number on the lucky draw and hand them in at the prize giving. A lucky draw at the prize giving will determine the winners of the 3 x R1000 cash prizes as well as the many other prizes! Help us to conserve our angling waters!

How does the Anglers Mall “Lucky Angling tickets” Competition works?

The computer will determine two lucky ticket holders who will win a complimentary angling ticket for next year Bloemhofdam Bonanza.

Hoe werk PlasticSA "Hou die Dam Skoon“ kompetisie?

Deelnemers moet hulle hengelarea asb. skoon agterlaat. Plaas al die rommel in julle rommelsakke en bring dit na die Prysuitdeling. Ons beamptes sal kyk wie se hengelplek is die skoonste op elke oewer. Vier kontantpryse van R250 elk word by die prysuitdeling uitgedeel. Kom hou die dam skoon, asb!

Bestuur van visbevolking

Volgens die reëls van die Bonanza word die vis wat geweeg word die eiendom van die organiseerders. Ervaring het getoon dat vis wat geweeg word dikwels beseer is en baie vatbaar is vir swamsiektes. Die visse veroorsaak dat die swamsiektes versprei met gevolglike visvrektes. Voorts het Bloemhofdam te veel karp en baber en minder van die vis in die dam sal die gemiddelde grootte van die vis laat toeneem. Deur die kleiner visse (bv. karp onder 5kg kg) te verwyder help dit om die dam se visbevolking op ‘n gesonde basis te kry. Groot karp en babers, sal waar die vis in n goeie kondisie is, weer vrygelaat word. Graskarp word as ‘n visplaag beskou en moet om die rede verwyder word. Die vis wat uitgehaal word, sal kosteloos aan die plaaslike gemeenskappe versprei word.


GeoScience anti-bedrog ondersoek

Alle wenvisse kan nagegaan word om vas te stel of die visse in Bloemhofdam gevang is. Chemiese toetse kan bepaal of die vis uit Bloemhofdam kom en morfologiese en annalitiese toetse kan bepaal hoelank terug die vis gevang is. Oneerlike deelnemers sal van bedrog aangekla word!

Appeal Board

An Appeal Board consisting of experts will the final adjudicators on any matter which needs to be adjudicated concerning the event.

Vissers vir Jesus

Die organiseerders wens hiermee Christen hengelaars te nooi om deel te wees van ‘n groep hengelaars wat bekend staan as Vissers vir Jesus by die Bloemhofdam Bonanza. Die gedagte spruit voort uit ‘n wonderlike preek wat Ds. Frans van Niekerk by ‘n vorige Vaaldam Bonanza gepreek het oor die dissipels van Jesus wat ook vissers was. Die gedagte is om deelnemers wat Christene is uit te nooi om op ‘n sigbare wyse hulle Christenskap te verkondig. Die organiseerders glo dat daar baie Christen hengelaars is wat nie vir hulle geloof skaam is nie en ook op die wyse tydens die Bloemhofdam Bonanza sal wil getuig. Nader gerus die Organiseerders vir meer inligting om deel te wees van die Vissers vir Jesus groep.

 

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving -

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving -

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving -

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving -

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving  -

2015 Bloemhof Bonanza Prize Giving



© Bloemhof Bonanza. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Bloemhof Bonanza.