Bloemhof Bonanza Clothing for sale

Bloemhof Bonanza Clothing

 

Daar is baie baie deelnemers ‘n behoefte om ‘n amptelike Bloemhofdam Bonanza hemp te koop. I have the Shirt! Indien jy graag so ‘n amptelike Bloemhofdam Bonanza 2018 hemp wil koop kan jy dit direk by Volcano Clothing per aanlynaankope doen. Klik net op die Volcano link op die Bloemhofbonanza website. Die groottes en prys van die hemp is op die aanlynaankope skakel beskikbaar. Die hempde word deur Volcano gemaak en is van hoogstaande kwaliteit.

Deelnemers wat spandrag vir die beste spandrag (Best Dress) kompetisie wil maak is ook welkom om Volcano direk te kontak by 011 972 1372. Hulle sal jou help met die ontwerp en vervaardiging van julle spandrag. Daar is goeie kontantpryse geborg deur Volcano om te wen in die Best Dress kompetisie. Sien die Prizes afdeling op die website.

Daar is selfs n opsie om ‘n combo-hemp te koop. Die voorkant lyk dit soos die amptelike Bloemhofdam Bonanza 2018 hemp. Op die agterkant van die hemp kan jy jou eie ontwerpe plaas.

Ons is bewus van hengelaars wat al vir etlike jare die Bloemhofdam Bonanza getrou bywoon. Ten einde erkenning aan die getroue ondersteuners te gee is daar ook nou ‘n Bloemhofdam Bonanza ondersteunerspet te koop. Afhangende van hoeveel jare jy die Bloemhofdam Bonanza gehengel het, kan jy ‘n 5, 10 of 15+ jaar ondersteunerspet koop. Die ondersteunerspette is ook aanlyn by Volcano beskikbaar. Die organiseerders het ‘n data-basis waarvolgens vasgestel kan word op die deelnemer kwalifiseer vir n ondersteunerspet.

Klere en Pette moet voor 20 April 2018 by Volcano bestel word. Klere kan per courier by deelnemer (op eie koste) afgelewer word, of dit kan by registrasiehekke by die Bloemhofdam Bonanza afgehaal word. Pette sal net by die registrasiehekke afgehaal kan word om seker te maak dat die deelnemer kwalifiseer vir die ondersteunerspet.Deelnemer koet aandui by watter hek hy gaan registreer vir die Bonanza sodat sy klere en pet by die korrekte registrasiepunt beskikbaar is.

Klere HOTLINE 011 972 1372

 

Bloemhof Bonanza Clothing
Bloemhof Bonanza Clothing

Bloemhof Bonanza Clothing


© Bloemhof Bonanza. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Bloemhof Bonanza.