Skip to content

The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025

Uitstel Persverklaring

Beste Hengelvriende

Dit is met teleurstelling dat ons julle moet meedeel dat The Courier Guy Bloemhofdam Bonaza 2025 geskeduleer vir 27 April tot 1 Mei 2025 uitgestel is.

Soos almal bewus is, het ons uiterste weersomstandighede die afgelope maand beleef en meeste damme is in vloed.

Die Bloemhofdam is ook in ‘n vloedsituasie wat veroorsaak het dat die hengeloewers heeltemal oorspoel is. Die watervlak is vêr oor 100 persent. Die water is in die lang grasse en bome langs die oewers.  Indien die watervlakke nou sak gaan dit al die oewers baie modderig maak.

Die organiseerders het ‘n skrywe (hierby aangeheg) vanaf Northwest Parks & Tourism Agency ontvang wat die reservate Noordwes en Verlatenkraal bestuur waarin verklaar word dat die dam tans nie geskik is om die Bonanza aan te bied nie.

In die lig van die vloed situasie het die organiseerders nie’n ander keuse as om The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025 uit te stel nie.

The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025 sal net soos dit tans gereël is op 24-28 September 2025 plaasvind. Dit is die enigste geleentheid in 2025 om die Bonanza oor ‘n langnaweek aan te bied.

Ons vertrou dat ons deelnemers begrip vir die situasie het. Ons glo dat almal The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza in September baie meer sal geniet as die weersomstandighede beter is en die hengeloewers weer normaal is.  Aangesien die Bonanza nie afgestel word nie, is jou hengelkaartjie netso geldig vir The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza wat in September plaasvind. Geen refunds sal oorweeg word nie.

Beste wense

Eco-Care Trust                                                                                                                             

Organiseerders van The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025

VERWELKOMING EN VOORWOORD

Welkom aan al ons hengelaars en borge by die 24ste jaarlikse Bloemhofdam Bonanza! Dit is ongelooflik om te dink dat soveel jare verby is sedert ons in die jaar 2000 die eerste Bloemhofdam Bonanza aangebied het.

Namens Eco-Care Trust, ‘n hartlike dank aan ons hengelaars, borge en beamptes vir soveel jare se getroue ondersteuning en betrokkenheid.

Ons het sedert die Covid-jare die hengelreëls aangepas om die wenners van die Bonanzas eerder op ‘n meetstelsel as die tradisionele weegstelsel te bepaal. Dit verg ‘n kopskuif van ons deelnemers. Daar is talle voordele waarom ons na die meetstelsel beweeg het. Ons het tegnologies aanbeweeg sodat elke deelnemer nou ‘n Leaderbord op sy foon het waar hy kan sien of hy nodig het om sy vislengte te registreer. Dit is dus nie nodig vir die oorgrote meerderheid van deelnemers om tydens elke inweegsessie by die inweeg met ‘n sak vis in ‘n tou te gaan staan nie! Daar is nie hope vis om af te voer voordat dit vrot word nie. Dit beteken dat ons deelnemers meer hengeltyd het en nie in toue hoef te gaan staan vir ‘n inweeg nie!   Op die einde van die dag is dit net ‘n ander manier om ‘n wenner te bepaal.

Ons het op aandrang van ons deelnemers die baberprys aansienlik gelig. Ons weet dat ons deelnemers daarvan hou om babers te vang! Die grooste pryse is egter steeds op die langste karp. Die rede hiervoor is om die speelveld tussen deelnemers meer gelyk te maak. Op lengte van ‘n karp het elke deelnemer ‘n gelyke kans om te wen.

Baie dankie vir die kontantpryse wat The Courier Guy en Mafika Engineering vir die Ope afdeling en Spannekompetisie geborg het.

Die gewilde Spannekompetisie geborg deur Mafika Engineering is terug! Die teikenspesie is baber.  Die span met die langste 4 babers wen die spannekompetisie. ‘n Span het ‘n naam met ‘n spankaptein en maksimum 4 lede per span. 

Die gewilde Best Dress kompetisie geborg deur Gys Pitzer Motors is weer deel van vanjaar se Bonanza. G2 Shoppe is die amptelike klereverskaffer vir die Bloemhofdam Bonanza.  Met R10 000 kontant op die spel, hoop ons dat julle die uitdaging gaan aanvaar!

Ons het vanjaar meer as R100 000 se gelukkige trekkings om te wen! Dit gee elke deelnemer ‘n kans, al het hy nie die wenvisse gevang, om steeds met ‘n lekker prys huistoe te gaan. Die trekking word per hand uit die Luckydraw drom gedoen

Vanjaar se Bloemhofdam Bonanza word vanaf die oewers by Noordwes en Verlatenkraal en vanaf bote gedoen. Ons kon ongelukkig nie die oewers van Sandveld bekom nie.

Eco-Care Trust is an NGO established in 1995 to look after our angling waters. We have several projects like the Aquatic Monitoring, Eco-clean (keep the dam clean), removal of hyacinths and unlawful gill nets. We also engage on national and provincial level with government to promote the conservation of our angling waters. All proceeds of this tournament are ploughed back into our projects.

Thanks to a commitment from The Courier Guy, it is possible to deliver another Bloemhofdam Bonanza this year! The first prize for the carp and first prize for the barbel is sponsored by The Courier Guy. We also have the privilege to announce that Mafika Engineering has joined hands with us to be the second biggest sponsor of the Bloemhofdam Bonanza. Mafika Engineering is sponsoring the second-place carp as well as the Teams Competition. We trust that this will, as the case was with our previous naming right sponsors, be a commitment for several years to come! We also want to thank all our other sponsors who made this year’s Bloemhofdam Bonanza possible!

 ’n Spesiale dankie aan Mitchell vir die pragtige hengelgereipryse, Gys Pitzer Motors vir die kontantprys vir die Best Dress kompetisie, en ou staatmakers soos, Loukies Baitboats, Elegant Fuel en Black Diamond en Cosmo’s Fishing Supplies! Dankie ook aan Die Oewerhengelaar en Stywe Lyne ons media-vennote Ons deelnemers het nou al gewoond geraak aan TAU Rollermeule se lekker Wabona papmeel wat ook in elke goodybag te vinde is. Welkom Leisure& Adventure Pta vir die luckydraws hengelgereipryse! Laastens dankie aan Twin Series die amptelike aasborg vir hulle goodybag borgskap!

Community responsibility: As organisers we must take our local communities into consideration. Therefore, with the assistance of TAU Rollermeule and our anglers we shall sponsor Wabona maize and fish caught during the Bonanza to our local communities.

We also thanks participants who generously sponsored fishing tackle and other goods to anglers who are in need at the Bonanza!

Vriende en vreemdelinge van regoor Suid-Afrika is weer by die Bloemhofdam Bonanza om vis te vang. Mag die visse baie wees en vriendskappe weer bevestig word!

Hooforganiseerder: Eco-Care Trust

Message from the Naming Rights Sponsor

It is with great excitement that we announce that The Courier Guy will once again deliver The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2025 this year!

The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2024 was incredibly well received by all participants and as the naming rights sponsor, we are looking forward to being part of the biggest inland fishing Bonanza in South Africa once again.

Last year’s anglers boasted impressive catches and to make it even more special, Reinette Barnard, claimed the top prize of R100 000 sponsored by The Courier Guy! Congratulations to her.

“I am delighted that this event can be delivered by The Courier Guy once again, good luck to all the Anglers and we look forward to handling your next package,” said Craig Pitchers, CEO of The Courier Guy.

Over the years, The Courier Guy has become the trusted and preferred courier, delivering your parcels quickly and safely across South Africa.

Rooted firmly in conservation, The Courier Guy supports the Eco-Care Trust in its endeavours to conserve our freshwater aquatic ecosystems.

This year marks the 24th annual Bloemhofdam Bonanza, with the 25th anniversary just ahead. As such, this year is pivotal moment to make next year’s Bloemhofdam Bonanza even more unforgettable!

The Bloemhofdam Bonanza has grown to become much more than just a fishing competition. For many anglers and families coming from all over South Africa, this event represents a cherished annual tradition. With so many reasons to be involved, why would you want to miss out?

This year, The Courier Guy, together with our other sponsors, have upped the stakes, offering even more cash prizes to win! We wish each of you the best of success and tight lines!

Naming Right Sponsor: The Courier Guy

Message from MAFIKA ENGINEERING

Mafika Engineering is proud to be a key sponsor of the Bloemhof Bonanza 2025, an event that brings together anglers from across South Africa in celebration of our shared passion for fishing and environmental conservation.

As a company dedicated to sustainability and engineering excellence, Mafika fully supports the incredible work being done to protect and preserve our freshwater resources. For us, the Bloemhof Bonanza is more than just a competition; it’s a platform that highlights the importance of responsible environmental stewardship—something we are deeply committed to.

Our focus on sustainability extends beyond words—we actively contribute to a greener future through our core business of refurbishing and remanufacturing high-horsepower diesel engines. By giving engines a second life, we reduce waste, minimise environmental impact, and support a circular economy within the mining industry.

We are thrilled to stand alongside Eco-Care Trust and other sponsors in ensuring that our water sources, ecosystems, and the natural beauty of Bloemhof Dam are preserved for generations to come.

We look forward to seeing all anglers in action and wish everyone a fantastic time on the water.

Met sekelstokke en sakke vol visse gaan dit vanjaar voorwaar een groot Bonanza wees! Mafika Engineeering wens al ons deelnemers ‘n aangename Bloemhof Bonanza toe met aangename herinneringe en blywende vriendskappe vir die jare wat kom. Stywe Lyne!

Proud Sponsor: Mafika Engineering

GEOSCIENCE ANTI-BEDROG ONDERSOEK

Alle wenvisse kan nagegaan word om vas te stel of die visse in Bloemhofdam gevang is. Chemiese toetse kan bepaal of die vis uit Bloemhofdam kom en morfologiese en annalitiese toetse kan bepaal hoelank terug die vis gevang is. Oneerlike deelnemers sal van bedrog aangekla word!

APPEAL BOARD

An Appeal Board consisting of experts will the final adjudicators on any matter which needs to be adjudicated concerning the event.

VISSERS VIR JESUS

Die organiseerders wens hiermee Christen hengelaars te nooi om deel te wees van ‘n groep hengelaars wat bekend staan as Vissers vir Jesus by die Bloemhofdam Bonanza. Vissers vir Jesus het spesiale houers by die registrasiehekke waar hengelaars hengelgereedskap, kos, klere of komberse aan behoeftige mense kan skenk.

WANT TO BE A SPONSOR?

Do your company want to become a valued sponsor at our Bonanza, or do you know of any sponsor who possibly wishes to become involved? Contact Bernard Venter 083 444 2790 for more info.

VRYWARING

Ek aanvaar dat die organiseerders en / of borge van hierdie kompetisie geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige gebeurlikheid wat uit die kompetisie mag voortspruit nie. My deelname geskied op eie risiko en ek kan geen eis teen die organiseerders en / of borge instel nie.

Indemnity

I acknowledge that the organizers and/or sponsors of this competition accept no responsibility for any incident during or forth coming from the event. My participation is at own risk and I am unable to lodge any claim against the organizers and/or sponsors.

Thank You to all Our Sponsors

We want to thank every sponsor who contributed to making the 24th annual Bloemhofdam Bonanza 2025 a reality!