Skip to content

The Courier Guy Bloemhofdam Bonanza 2026

VERWELKOMING EN VOORWOORD

Welkom aan al ons hengelaars en borge by die 25ste jaarlikse Bloemhofdam Bonanza! Dit is ongelooflik om te dink dat soveel jare verby is sedert ons in die jaar 2000 die eerste Bloemhofdam Bonanza aangebied het.

Namens Eco-Care Trust, ‘n hartlike dank aan ons hengelaars, borge en beamptes vir soveel jare se getroue ondersteuning en betrokkenheid.

Ons het sedert die Covid-jare die hengelreëls aangepas om die wenners van die Bonanzas eerder op ‘n meetstelsel as die tradisionele weegstelsel te bepaal. Dit verg ‘n kopskuif van ons deelnemers. Daar is talle voordele waarom ons na die meetstelsel beweeg het. Ons het tegnologies aanbeweeg sodat elke deelnemer nou ‘n Leaderbord op sy foon het waar hy kan sien of hy nodig het om sy vislengte te registreer. Dit is dus nie nodig vir die oorgrote meerderheid van deelnemers om tydens elke inweegsessie by die inweeg met ‘n sak vis in ‘n tou te gaan staan nie! Daar is nie hope vis om af te voer voordat dit vrot word nie. Dit beteken dat ons deelnemers meer hengeltyd het en nie in toue hoef te gaan staan vir ‘n inweeg nie! Op die einde van die dag is dit net ‘n ander manier om ‘n wenner te bepaal.

Ons het op aandrang van ons deelnemers die baberprys aansienlik gelig. Ons weet dat ons deelnemers daarvan hou om babers te vang! Die grooste pryse is egter steeds vir die langste karp. Die rede hiervoor is om die speelveld tussen deelnemers meer gelyk te maak. Op lengte van ‘n karp het elke deelnemer ‘n gelyke kans om te wen.

Baie dankie vir die kontantpryse wat The Courier Guy en ander borge vir die Ope afdeling en Spannekompetisie geborg het.

Die gewilde Spannekompetisie is weer deel van die Bonanza! Die teikenspesie is baber. Die span met die langste 4 babers wen die spannekompetisie. ‘n Span het ‘n naam met ‘n spankaptein en maksimum 4 lede per span.

Die gewilde Best Dress kompetisie geborg deur Gys Pitzer Motors is weer deel van vanjaar se Bonanza. G2 Shoppe is die amptelike klereverskaffer vir die Bloemhofdam Bonanza. Met R10 000 kontant op die spel, hoop ons dat julle die uitdaging gaan aanvaar!

Ons het vanjaar weer groot gelukkige trekkings om te wen! Aangesien dit met die 25ste viering van die Bloemhofdam Bonanza is, is daar vanjaar ‘n kontantprys van R10 000 kontant geborg deur CMI Brokers om met ‘n gelukkige trekking te wen! Dit gee elke deelnemer ‘n kans, al het hy nie die wenvisse gevang, om steeds met ‘n lekker prys huistoe te gaan. Die trekking word per hand uit die Luckydraw drom gedoen

Na verskeie versoeke van ons deelnemers en weens die ontoeganklikheid van baie van ons oewers op Noordwes en Verlatenkraal is Sandveld en Sloep genader om weer deel te word van die Bloemhofdam Bonanza. Beide Sandveld en Sloep is baie gewild en dit sal die keuse aan ons deelnemers gee om eerder op die oewers te hengel. Die sleephelling by Sandveld is stukkend en daarom sal al die bote slegs van Noordwes se sleephelling moet lanseer.

Eco-Care Trust is an NGO established in 1995 to look after our angling waters. We have several projects like the Aquatic Monitoring, Eco-clean (keep the dam clean), removal of hyacinths and unlawful gill nets. We also engage on national and provincial level with government to promote the conservation of our angling waters. All proceeds of this tournament are ploughed back into our projects.

Thanks to a commitment from The Courier Guy, it is possible to deliver another Bloemhofdam Bonanza this year! The first prize for the carp and first prize for the barbel is sponsored by The Courier Guy. We also want to thank all our other sponsors who made this year’s Bloemhofdam Bonanza possible!

’n Spesiale dankie aan Mitchell vir die pragtige hengelgereipryse, Gys Pitzer Motors vir die kontantprys vir die Best Dress kompetisie, en ou staatmakers soos, Loukies Baitboats, Elegant Fuel, Henk Gouws from HTS Services en Cosmo’s Fishing Supplies! Dankie ook aan Die Oewerhengelaar en Stywe Lyne ons media-vennote Ons deelnemers het nou al gewoond geraak aan TAU Rollermeule se lekker Wabona papmeel wat ook in elke goodybag te vinde is. Laastens dankie aan Twin Series die amptelike aasborg vir hulle goodybag borgskap!

Community responsibility: As organisers we must take our local communities into consideration. Therefore, with the assistance of TAU Rollermeule and our anglers we shall sponsor Wabona maize and fish caught during the Bonanza to our local communities.

We also thank participants who generously sponsored fishing tackle and other goods as part of the “Vissers vir Jesus” project to anglers who are in need at the Bonanza!

Vriende en vreemdelinge van regoor Suid-Afrika is weer by die Bloemhofdam Bonanza om vis te vang. Mag die visse baie wees en vriendskappe weer bevestig word!

Hooforganiseerder: Eco-Care Trust

Delivering the Action: A Message from The Courier Guy, Naming Rights Sponsor

We’re thrilled to announce that The Courier Guy is back at the helm of the Bloemhofdam Bonanza 2026 – and if last year is anything to go by, anglers are in for something special.

The Bloemhofdam Bonanza 2025 delivered unforgettable action on the water, with outstanding catches across the board. The competition was fierce and the fish were firing. Jaco van der Walt rose above the rest to claim the R100,000 prize for the biggest Carp, while the R50,000 prize for the biggest Barbel went to Johan Potgieter – both prizes with compliments of The Courier Guy.

As naming rights sponsor, we’re incredibly proud to once again be part of South Africa’s biggest inland fishing bonanza. Events like this celebrate everything anglers love: early mornings, tight lines, big fish stories, and the shared passion that keeps them coming back year after year.

“We’re delighted to deliver this iconic event once again. We wish every angler the very best of luck, and we look forward to handling your next package,” says The Courier Guy CEO, Craig Pitchers. “Over the years, we’ve grown to become South Africa’s favourite courier, trusted to deliver packages quickly and safely nationwide. Just as importantly, we’re deeply committed to conservation, supporting the Eco-Care Trust in protecting our freshwater ecosystems, so that future generations of anglers can enjoy waters like Bloemhofdam for years to come.”

2026 is a milestone year. It marks the 25th annual Bloemhofdam Bonanza, perfectly aligned with The Courier Guy’s own 25th anniversary. Together, we’re determined to make this edition one of the most memorable yet.

The Bloemhofdam Bonanza has become far more than a competition. It’s a national angling tradition, drawing anglers and families from across South Africa to share in the camaraderie, challenge, and thrill of the chase.

And this year, we’ve upped the stakes. Alongside our fellow sponsors, we’re bringing even more cash to the table – giving you even more reason to cast your line and give it your all.

So, pack the table, prep the rods. We wish every angler the best of success at the dam!

Naming Right Sponsor: The Courier Guy

GEOSCIENCE ANTI-BEDROG ONDERSOEK

Alle wenvisse kan nagegaan word om vas te stel of die visse in Bloemhofdam gevang is. Chemiese toetse kan bepaal of die vis uit Bloemhofdam kom en morfologiese en annalitiese toetse kan bepaal hoelank terug die vis gevang is. Oneerlike deelnemers sal van bedrog aangekla word!

APPEAL BOARD

An Appeal Board consisting of experts will the final adjudicators on any matter which needs to be adjudicated concerning the event.

VISSERS VIR JESUS

Die organiseerders wens hiermee Christen hengelaars te nooi om deel te wees van ‘n groep hengelaars wat bekend staan as Vissers vir Jesus by die Bloemhofdam Bonanza. Vissers vir Jesus het spesiale houers by die registrasiehekke waar hengelaars hengelgereedskap, kos, klere of komberse aan behoeftige mense kan skenk.

WANT TO BE A SPONSOR?

Do your company want to become a valued sponsor at our Bonanza, or do you know of any sponsor who possibly wishes to become involved? Contact Bernard Venter 083 444 2790 for more info.

VRYWARING

Ek aanvaar dat die organiseerders en / of borge van hierdie kompetisie geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige gebeurlikheid wat uit die kompetisie mag voortspruit nie. My deelname geskied op eie risiko en ek kan geen eis teen die organiseerders en / of borge instel nie.

Indemnity

I acknowledge that the organizers and/or sponsors of this competition accept no responsibility for any incident during or forth coming from the event. My participation is at own risk, and I am unable to lodge any claim against the organizers and/or sponsors.

Thank You to all Our Sponsors

We want to thank every sponsor who contributed to making the 25th annual Bloemhofdam Bonanza 2026 a reality!